Wat is die doel van die lewe?

What is the difference between trials and temptations?

Almal het die een of ander tyd gewonder waarom hulle bestaan. Wat is my doel in die lewe? Is daar selfs ‘n doel in die lewe? As daar is, wat is dit dan?

God se doel

Baie mense spandeer tyd op soek na hul lewensdoel en kom tot baie verskillende gevolgtrekkings. Die Bybel leer egter duidelik dat ons lewensdoel die doel is wat God aan ons gegee het. Hy het ons ontwerp om Hom te verheerlik en vir ewig te geniet. Bybelverse wat verwys na hierdie tweedelige doel vir ons lewens, word regdeur die Skrif aangetref. Hier volg ’n paar van die verse.

Ons is gemaak om God te verheerlik:

“Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.” – Psalm 23:3

“Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.” Romeine 11:36

Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.”
 – 1 Korintiërs 10:31

“Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.” Openbaring 4:11

Ons is geskape om God te geniet:

“U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.”Psalm 16:11

“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” – Psalm 37:4

“Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is.” Lukas 2:10

Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!”Filippense 4:4

“Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”Openbaring 21:3-4

Deel plasing