Die kern Paulus se boodskap in sy briewe aan die Romeine is:
Die evangelie is die krag van God tot redding van elkeen wat glo (Romeine 1:16).
Verlossing
Paulus skryf aan die begin van sy briewe aan die Romeine dat ons almal verlossing nodig het. Elke mens kan bewus wees van ’n almagtige God, maar Hom steeds nie vereer nie (Rom. 1:19-21). Die heidene dien afgode en leef in seksuele onreinheid (Rom. 1:22-27). God het sy woorde en wette aan die Jode toevertrou, maar hulle is nie getrou daaraan en leef in sonde (Rom. 2:17-24). Alle mense is sondaars en staan dus onder die oordeel van God. Daar is geen manier hoe ons dit kan voorkom of oplos nie. Ons word nie verlos deur gehoorsaamheid aan God nie: “Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die wet leer ’n mens wat sonde is.” (Rom. 3:20)
Wat gebeur met ons sonde?
In sy briewe verduidelik Paulus dat ons nie vrygespreek word op grond van die werk wat ons vir God doen of ons gehoorsaamheid aan Sy wette nie. Nee, ons word deur genade verlos en het nuwe hoop deur wat Christus vir ons gedoen het: “maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.” (Rom. 3:24) Ons word verlos deur die genade van God: “Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.” (Rom. 3:26) God bring vernuwing vir sondaars. God sien hulle (sondaars) in Christus en in Sy oë is hulle net so regverdig soos Jesus, omdat Sy geregtigheid aan hulle toegeskryf word! Dit is ’n fantastiese bewys van God se liefde vir ons! (Rom. 5:8) Hy het Sy liefde in ons harte uitgestort (Rom. 5:5) en daardeur het ons hoop en blydskap. Ons verhouding met God is herstel!
Hoe moet ons lewe wanneer ons vergifnis van God ontvang het en in verhouding met Hom leef?
Die antwoord kry ons in Romeine 6:11: “Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.”
Stryd
Paulus verduidelik dat ons God dien “…in die nuwe bedeling van die Gees, nie in die ou bedeling van wetsvoorskrifte nie.” (Rom. 7:6) Ons verdien of ontvang nie verlossing deur onderdanig aan die wet te bly nie! Tog erken Paulus dat sonde steeds in hom woon. (Rom. 7:17) Selfs wanneer hy die goeie wil doen, het hy nie die mag om dit te doen nie. Die stryd tussen sonde en gehoorsaamheid bly voortduur in die lewe van ’n gelowige. Steeds verheug en verbly ons ons daarin dat diè wat in Jesus Christus glo nie veroordeel sal word nie. (Rom. 8:1)
Leiding deur die Gees van God
Die leerstellige deel van Romeiene eindig in hoofstuk 8. Hier lees ons dat gelowiges gelei word deur die Gees van God. (Rom. 8:9) Omdat die Gees van God in ons woon, behoort ons aan Christus en gehoorsaam ons Sy wet (Rom. 8:9) en hieruit weet ons dat ons kinders van God is. (Rom. 8:16) Wat ‘n kosbare bewys van die oneindige liefde van God!
Paulus eindig Romeine 8 met ’n vreugdevolle uitroep wat ons saam met hom kan vier: “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Rom. 8:38-39)