Josua is die sesde boek van die Ou Testament en geskied in die tyd wanneer die volk van Israel uiteindelik die land binnegaan wat God aan Abraham en sy nasate beloof het.
Die boek Josua leer ons baie dinge. Hier is van die belangrikste lesse.
God is getrou aan Sy beloftes
God is getrou aan Sy beloftes. Hy sal Sy beloftes waar maak, hoe lank dit ook mag neem. In Hoofstuk 1 lees ons God se opdrag aan Josua om die land in te neem wat Hy aan hulle voorvaders belowe het. Hy belowe ook dat Hy met Josua sal wees waar hy ookal gaan.
God is barmhartig
God is genadig vir almal wat by Hom vir hulp vra. Hoofstuk 2 dek die verhaal van ‘n prostituut met die naam Ragab. Ragab het twee Israelietiese spioene weggesteek en hulle beskerm. Sy het van die God van Israel en Sy kragtige dade gehoor en gevra dat God genade sal betoon aan haar en haar familie. God het haar geloof vereer en sy en haar familie is gered.
God is ons bevelvoerder en leier
God is ons bevelvoerder en leier. In hoofstuk 5 en 6 lees ons hoe Josua met die bevelvoerder van die leër van die HERE vergader. Hy het aan Josua gesê dat Hy hulle in die oorwinning sou lei. God is ook die Een wat ons lei en beskerm. Ons moet hom gehoorsaam net soos soldate in ‘n weermag aan hulle bevelvoerders gehoorsaam is.
Ongehoorsaamheid sal gestraf word
Omgehoorsaamheid aan God se wette sal gestraf word. Hoofstukke 6 en 7 gaan oor hoe Israel die stad Jerigo verslaan. God het vir hulle gesê dat al die plundering van Jerigo aan God gegee moes word. Akan het God ongehoorsaam en sommige dinge vir homself gehou en hulle weggesteek. As gevolg daarvan is Israel in die volgende geveg verslaan. God het Akan se sonde blootgestel en gevolglik is hy en sy gesin tot die dood gestenig. Ons moet onthou dat God voortdurend oor ons waak, ons beskerm en ons naby Hom hou. Wanneer ons sondig, sal Hy ons sonde ontbloot en daar volgens handel. Soms is ons dalk die enigste een wat vir ons sonde ly, maar soms kan ander ook ly, net soos Israel en Akan se familie gely het. God sal nie die sondes van sy volk ignoreer nie.
God doen wonderlike dinge
Gedurende die boek Josua het God ‘n paar wonderlike dinge vir sy mense gedoen.
Hy is ook ons God en kan nog steeds wonderlike dinge vir ons doen.
Ons moet God gehoorsaam
Teen die einde van sy lewe herinner Josua die volk van Israel aan alles wat God vir hulle gedoen het. Hy waarsku hulle ook om God te gehoorsaam en nie die voorbeeld van die nasies rondom hulle te volg nie en ook om nie hulle aanbidding van God op enige manier in gevaar te bring nie. Wanneer hulle dit doen, sou hulle van God afvallig raak en hulle sal gestraf word en God sal baie rampe op hulle bring. Dit is presies wat gebeur het.
As Christene moet ons alles gehoorsaam wat God in sy Woord gesê het. Die gevolg van Israel se ongeregtigheid is ‘n bewys dat God Sy dreigemente nakom, maar ook toe Israel getrou was, het God Sy beloftes vervul om te seën. Die Here wil Sy mense seën wanneer hulle in gehoorsaamheid aan Hom leef.