Bybelwoord.net
What is hope?

Wat is hoop?

Betekenis van hoop

Kom ons kyk eers na die definisie van hoop voordat ons verder na die betekenis daarvan in die Bybel gaan soek.
Die woord hoop kan op verskillende wyses gebruik word. Dit kan as naamwoord gebruik woord, byvoorbeeld:
Ek het hoop dat alles môre goed sal gaan. Dit kan ook gebruik word as ’n werkwoord: Om te hoop dat iets werklikheid sal word. In beide gevalle het dit ’n toekomstige verwagting. Tog is daar altyd ’n ondertoon van onsekerheid aan hoop.

Daagliks word ons omring deur hoop – selfs al besef ons dit nie! Elke dag hoop ons vir iets. Ons kan hoop dat die ekonomie sterker word, dat ’n gesprek goed sal verloop of selfs dat ons dit suksesvol deur die werksdag kan maak.

Ons ervaring met hoop word op twee maniere beïnvloed.

  1. Hoe graag hoop ons dat die gebeurtenis of die ‘iets’ waar word of
  2. Die grootheid daarvan om dit waarvoor jy hoop te ontvang.

Hier is ’n voorbeeld! In die Verenigde State het baie mense gehoop om die lottery van $640 miljoen te wen, selfs al was die kans om dit te wen 176,000,000 tot 1. Die groot prys sou beslis ‘n groot beloning wees, maar die moontlikheid dat jy dit wen, is uiters skraal. Dus is daar nie veel hoop om te wen nie.

Wat staan in die Bybel oor hoop?

Nou dat ons ’n duidelike beeld van die definisie van hoop het, kan ons kyk hoe ons as Christene die waarde van ons hoop in Christus kan sien. Deur ’n paar bybelverse te bestudeer kan ons ‘n beter begrip kry van Christelike hoop.
Ek glo dat die eenvoudigste definisie van Christelike hoop in Romeine 8:23 staan:

En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons    sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die             verganklikheid bevry.

In hierdie gedeelte in Romeine lees ons van die hoop dat ons eendag sal ontvang as hoogtepunt van ons verlossing. Ons het reeds vergifnis van ons sonde ontvang deur die bloed van Christus en nou kan ons uitsien na die dag wanneer ons bevry word van verganklikheid en ons ten volle aangeneem word as kinders van God.

In die boek van Efesiërs lees ons van die oorweldigende rykdom van Sy genade wat Hy in die toekoms aan ons sal openbaar. Groter as ‘n lotto van 640 miljoen dollar, het ons onmeetbare rykdom in Christus om na uit te sien.

Ewige hoop

As Christene mag ons in hierdie lewe sukkel met die magte van satan en die sonde wat in ons harte bly woon, maar ons weet dat ons beloning groot is en dat ons met ‘n vaste sekerheid daarna kan uitsien!

Numeri 23:19: God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?

Elke woord en belofte wat die Here gespreek het, sal tot stand kom.

 

Bybelwoord