Wat is die Bybel?

What is the Bible?

Die Bybel is heeltemal anders as elke ander boek ter wêreld. Dit was geïnspireer deur God (2 Timoteus 3:16). Dit beteken dat die enigste ware God ongeveer 44 mense gelei het om Sy woorde oor 1500 jaar neer te skryf om ons alles te vertel wat Hy wou hê dat ons van Hom en van die wêreld moes weet.

Die Bybelverhaal begin voordat enigiets, behalwe God, bestaan het. Dan skep God die heelal en ons wêreld, gevolg deur alles in die wêreld, en uiteindelik man en vrou. God het al hierdie dinge geskape om Sy Naam te verheerlik en te laat besef hoe groot Hy is. Die Bybel gaan voort om te vertel hoe die mens Hom ongehoorsaam het en dan begin God se storie, Sy verhaal, oor die dinge wat God gedoen het sodat ons kan terugkeer om Hom te aanbid en te dien.

Die Ou Testament

Die eerste vyf boeke

Die eerste vyf boeke van die Bybel is ‘n groep boeke wat bekend staan as die Pentateug. Hulle lê Godwette neer op ‘n volk wat onder God se wette van liefde en geregtigheid leef en gee die geskiedenis van die begin van die volk van Israel deur een man: Abraham.

Twaalf historiese boeke oor Israel

Die volgende deel van die Bybel bestaan uit twaalf historiese boekewat hoofsaaklik oor Israel gaan. Israel het vir ‘n koning gevra, en uiteindelik het God ’n man, Dawid, gekies om koning te wees. God het belowe om iemand uit die lyn van Dawid in die wêreld te stuur, wat die weg sou oopmaak sodat almal regoor die wêreld, beide Jode (van nasie van Israel) en nie-Jode die geleentheid sou hê om met God versoen te word en in Sy familie aangeneem te word.

Poësie en profetiese boeke

Die volgende 3 gedeeltes van die Ou Testament is poësieboeke (vyf boeke), vyf profetiese boeke (die hoofprofete genoem omdat hulle lang boeke is) en dan twaalf kleiner profetiese boeke (die klein profete genoem). Die Ou Testament het baie profesieë oor die een wat God in die wêreld sal stuur, ‘n Verlosser – iemand wat mense van die straf sal red as gevolg van hulle ongehoorsaamheid aan God.

 

Die Nuwe Testament

Die evangelies

Die Nuwe Testament begin met vier boeke genaamd die Evangelies (wat goeie nuus beteken). Hierdie boeke is ’n opsomming van lewe en gebeure van die een wat God in die wêreld gestuur het, die Verlosser waaroor daar in die Ou Testament geprofeteer word. Sy naam is Jesus.

Die boek van handelinge

Die volgende boek vorm alleen ’n afdeling. Die boek Handelinge vertel oor die geboorte van die kerk en hoe die goeie nuus oor Jesus, die Redder van die wêreld, oor die hele wêreld verkondig is.

Briewe aan kerke en individue

Die volgende gedeelte van twee en twintig boeke is briewe aan kerke en individue. Hier staan hoofsaaklik in wat dit beteken om ‘n Christen te wees en hoe om as Christen te lewe.

Die boek Openbaring

Die laaste boek van die Nuwe Testament word Openbaring genoem. Dit is ‘n profetiese boek oor wat in die toekoms sal gebeur, en hoe God beplan om die wêreld wat Hy gemaak het, te vernietig, wat nou korrup en ver van sy aanvanklike planne geword het. God sal ‘n nuwe hemel en aarde bou en elkeen van ons wat Jesus Christus as ons Verlosser aanvaar het, sal gered word van die ewige straf wat Hy beplan het vir diegene wat Hom weier, en ons sal vir ewig saam met Hom bly.

 

In vergelyking met baie dinge

In die Bybel, God se woord, lees ons dat dit vergelyk word met baie dinge – ‘n brief, ‘n lig om ons te lei, ‘n swaard om teen die vyand te veg, ‘n spieël om te bespeur hoe ons God misluk het.

Die Bybel is ‘n belangrike boek vir elke Christen. Ons leer om die Bybel lief te hê, te gehoorsaam en dit te lees asof God individueel met ons praat. Christene word aangemoedig om elke dag ‘n gedeelte van die Bybel te lees en sal vind dat dit ‘n handboek word van hoe om te lewe om God te behaag, en daardeur leer ons God steeds meer en meer ken.

Deel plasing