Wat beteken dit dat die kerk die liggaam van Christus is?

‘n Lewende, gesonde menslike liggaam het ’n kop (hoof). Elke deel van die liggaam het ‘n doel en voer verskillende funksies uit, maar alle dele is verbind met die hoof. Jy kan nie ‘n funksionele liggaam sonder ‘n hoof hê nie.

Paulus gebruik hierdie vergelyking om te verduidelik wat die kerk in Efesiërs 5: 23-24 is. Jesus Christus word vergelyk met die hoof – die deel van die liggaam waaraan die res van die liggaam onder sit. Ons wat Christene, kerklede, gelowiges is, word vergelyk met die liggaam.

Soos Christus die hoof van die kerk is, is Hy die Een na wie ons moet luister en aan gehoorsaam wees. Wanneer ons reageer op Sy opdragte en riglyne, sal ons die werk of take wat Hy aan ons beveel voldoende kan uitvoer.

Ons lewe kom van God af

Die kop is ook ‘n beeld van die bron van lewe soos ons sien in Kolossense 2:19. Die Hoof, van waar die hele liggaam … groei met ‘n groei wat van God is. Dus, wanneer Christus die Hoof van die Kerk genoem word, beteken dit dat ons lewe en die voeding vir ons lewe van Hom af kom.

Maar die liggaam is ook belangrik. Paulus wys daarop dat die kerk op sy beste funksioneer wanneer elke kerklid, elke Christen,  sy geskenke en vaardighede wat hy ontvang het gebruik. Elkeen werk saam sodat die kerk, soos ‘n menslike liggaam, doeltreffend en effektief kan funksioneer. Hy verduidelik ook dat elke lid van die kerk noodsaaklik is vir die funksionering van ‘n gesonde kerk.

Geen deel is irrelevant nie

Net soos ‘n liggaam nie aan die hand, voete of bene sou sê ek het jou nie meer nodig nie, omdat ek net wil hoor, sien en ruik. En dit sal ook nie vir die oog of oor sê nie, ek het jou nie nodig nie. Ek wil net kan loop en dinge met my hande doen. So is geen deel van die liggaam irrelevant of nutteloos nie. (1 Korintiërs 12: 12-20).

Wanneer ‘n deel van die menslike liggaam ly, seerkry of ‘n probleem het, word die hele liggaam daardeur beïinvloed. Het jy al ooit ‘n arm of been gebreek of jou duim met ‘n hamer raak geslaan? Het jy al ooit siek geword? Het dit jou hele liggaam en hele lewe beïnvloed? Dit het verseker want as jy ‘n been of arm breek of op ‘n ander manier siek is, maak dit dikwels seer en al waaraan jy kan dink, is die pyn! Of jy moet verskillende maniere vind om rond te kom of al die take te doen wat jy nodig het om doen.

Ons is verantwoordelik vir mekaar

Jy sal goed sorg vir jou arm of been, as dit gebreek is, en dit beskerm teen meer pyn of beserings.
So is dit met die kerk. As een lid van die kerk ly, sal die hele kerk ook ly en moet ons help, beskerm of stappe doen om genesing en herstel te bewerkstellig sodat die kerk nie gestremd raak of ontbreek in enige van die belangrike take van die liggaam nie.

Die liggaam bestaan uit baie verskillende dele. Net soos die kerk. Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor elke lid van die kerk, net soos teenoor liggame om dit goed te versorg en dit so gesond moontlik te hou.

 

Deel plasing