Waarom is dit belangrik om God te vrees?

god-is-righteous

Om God te vrees beteken om respek vir Hom te hê en gehoorsaam aan Hom te wees. Dit beteken dat jy erken dat hy jou Skepper is en dus die reg het om jou Here te wees. Dit beteken dat jy uit eerbied vir Hom optreë. In die Ou Testament word daar ‘n duidelike verband getref tussen God vrees, Sy gebooie onderhou en Hom dien: “En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel.” Sien ook Deuteronomium 4:10 en 6:2.

Vrees vir God in die Nuwe Testament

[pullquote]Gee oor jou lewe aan Hom, leef dit uit eerbied vir Hom en word gered van veroordeling.[/pullquote]
In die Nuwe Testament kom die opdrag om God te vrees ook ‘n aantal kere voor. In 2 Korintiërs 7:1 staan daar: “Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.” Hier word vrees vir God verbind met heiligheid. Om God te vrees, beteken dat jy in lyn bly met Sy wil en weg bly van sonde. Dit gee rigting aan jou lewe. Dit kan tot redding lei, soos by Noag wat in eerbiedige vrees vir God die ark gebou het (Genesis 6, Hebreërs 11:7). Hierdie gedeelte bring ons by die volgende tema wat verband hou met die vrees van God, naamlik oordeel.

In Lukas 23:40 het die een dief die ander tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man!” Hierdie twee mans was besig om te sterf, hulle sou binnekort voor God in die regbank staan en hulle was altwee onder die vonnis van veroordeling. God het die reg om te oordeel. Maar soos ons weet, het Jesus die dief genade aangebied en hy is gered van veroordeling (vers 43).

In Openbaring 14:7 word vrees vir God weer met oordeel verbind: “en hy het met ‘n harde stem uitgeroep: “Vrees God en gee aan Hom die eer, want die tyd het aangebreek vir sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne gemaak het.”

Wat sal dan met ons gebeur as ons God nie vrees nie? Hy het die reg om ons te oordeel. Moenie Hom verdruk nie, maar erken Hom as jou Skepper, Verlosser en Heer. Gee oor jou lewe aan Hom, leef dit uit eerbied vir Hom en word gered van veroordeling.

 

Deel plasing