Bybelwoord.net
What about sin and punishment?

Sonde & Straf

Wanneer gelowiges sondig, vergewe en straf God ons?

OF vergewe Hy net?

Jesus het die straf vir al ons sondes gedra: “Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra.  Daardeur is ons  vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God” (1 Petrus 2:24).  Omdat Hy gestraf was in ons plek, straf God nie meer gelowiges oor hulle sondes nie.

Dit is God se genade.  Ander gelowe leer jou dat jy kry wat jy verdien. Die Christelike geloof leer ons dat Christus gekry het wat ons verdien het: die vonnis van die dood.  Ons kry wat Hy vir ons verdien het: die ewige lewe.

Tog weet ons dat ons nie perfek word wanneer ons gelowiges word nie.  Daar is nogsteeds sonde in ons lewens.  Wat gebeur wanneer ons sondig?

1. Jou sonde is alreeds vergewe

Christus het gesterf vir ons sonde.  Hy het gesterf vir al ons sonde, in die verlede en toekomstig.  Toe hy gesterf het, het hy die straf geneem daarvoor.  Ons vergifnis was voldoen by die kruis.  So is ons sonde reeds vergewe.  Daar is geen straf oor nie.

2. God tugtig ons

Wanneer ons sondig, draai ons weg van die Here af.  Hy wil ons terugroep na Hom toe.  Hy sal soms toelaat dat slegte goed met ons gebeur. Dit is egter nie bedoel as straf (‘jy verdien dit!’) nie, maar as tugtiging (‘jy is op die verkeerde pad. Kom terug!’).  Die Bybel wys ons dat God ons tugtig omdat hy ons liefhet: “want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem.” (Hebreërs 12:6).  So as jy deur ‘n moeilike tyd gaan en jy wonder of God jou straf, is die antwoord ‘nee’.  God maak nie dat jy vir jou sondes moet betaal nie, want Jesus het dit alles betaal.  Maar die Here wil jou iets leer.  Die les mag dalk seermaak, maar jy kan seker wees dat dit deel van God se goeie plan vir jou lewe is.

3. God gebruik soms natuurlike gevolge in die tugtigingsproses.

Daar sal soms nagevolge wees wanneer ons sondig.  Wanneer ons iemand beledig, mag ons dalk opeindig met ‘n bloedneus.  Wanneer ons steel, mag ons dalk in die tronk beland.  Wanneer ons egbreuk pleeg, mag ons dalk geskei opeindig.  Wanneer ons rook, mag ons dalk opeindig met longkanker.  Normaalweg sal die Here ons nie beskerm teen hierdie nagevolge nie.  Dit is deel van die tugtigingsproses.  Dit help ons besef wat die tydelike nagevolge van ons sonde is.  Dit herinner ons aan die ewige nagevolg van sonde as ons nie ‘n Saligmaker het nie.  Daardie ewige nagevolg is die hel.  Dit roep ons om te draai na God toe as ons nooit regtig Jesus vertrou  as ons Saligmaker nie; of dit roep ons om terug te draai na God toe wanneer ons van Hom af weggedwaal het.

Samevatting

Nee, God straf nie gelowiges nie.  Maar dit beteken nie dat jy nooit swaarkry sal ervaar nie. In 2 Timoteus 3:12 lees ons: “Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word.”  Die Here sal moeilike situasies op ons pad stuur.  Laat ons verheug wees daaroor, want dit bewys dat Hy ons soos Sy kinders behandel en dat Hy ons wil leer hoe om naby aan Hom te lewe.

 

Marten Visser

Marten Visser (1971) het 'n oproep van die Here ervaar om as sendeling te werk terwyl hy in die kleuterskool was. Hy verwerf sy Meestersgraad in ‘Divinity,’ Th.M. in Missiologie, en M.A. graad in kulturele antropologie sowel as 'n Ph.D. graad in teologie. In 2000 word hy saam met sy vrou, Esther, as kerkplantende sendeling deur OMF uitgestuur na Thailand. In 2015 keer hy terug na Nederland waar hy GlobalRize gestig het. By GlobalRize is hy direkteur van evangelisasie.