Sal daar in die hemel gebed wees?

Ons weet verseker dat daar gebed in die hemel is.
Romeine 8:34 (AFR83) wys vir ons dat Jesus in die hemel is en vir ons bid: “34Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.”

26Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie” (Romeine 8:26, AFR 83).

Bid ander mense, behalwe die Here Jesus, ook in die hemel? Ja, die Bybel dui dit wel aan.

Gebed kom natuurlik aan gelowiges

Die engele in die hemel weet wat op die aarde aangaan, en hulle is bly wanneer ‘n sondaar berou en begin glo (Lukas 15:10). Dit lyk baie onwaarskynlik dat die heiliges in die hemel nie weet wat op die aarde gebeur nie, wanneer die engele wel weet wat aangaan. Hebreeus 12:1 sê dat ons omring word deur ‘n ‘groot skare geloofsgetuies’, die Ou Testamentiese gelowiges. Daar mag dalk ‘n aanduiding wees dat hierdie gelowiges bewus is van wat op die aarde gebeur. Een vers sê dit duidelik: in Openbaring 6:10 bid martelare dat God die aarde sal oordeel. Dit bevestig dat daar bietjie kennis onder die heiliges in die hemel is van wat op die aarde gebeur, alhoewel ons nie weet hoeveel nie. Hulle bid ook daaroor, wat heel logies is, want gebed gebeur natuurlik vir gelowiges. Hoekom sal hulle ophou bid wanneer hulle in die teenwoordigheid van God is?

Ons moet tog erken dat ons uit die Bybel baie min kan sê oor hoeveel die heiliges in die hemel bewus is van wat op die aarde gebeur. Ons kan dus nie dogmaties wees oor hoeveel hulle bid vir wat hier gebeur nie.

Gebede wat ons nou bid, sal nie nodig wees nie

Sal gebed in die hemel aanhou wanneer Jesus teruggekeer het en die nuwe aarde en die nuwe hemel aangebreek het? Baie van die gebede wat ons nou bid, sal nie meer nodig wees nie. Gebede vir gesondheid en gebede vir bekering sal nie bestaan ​​nie. Lofprysing, aanbidding en danksegging sal egter steeds aan God aangebied word. 13Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” (Openbaring 5:13-14).

Selfs gebede vir leiding en wysheid sal waarskynlik voortduur. Lewe op die nuwe aarde sal aktief wees, soos ons in Openbaring 21:24 kan lees, waar daar gestel word dat die konings van die aarde hul glorie in die nuwe Jerusalem sal inbring. Net God weet alles en kan enigiets doen, selfs op die nuwe aarde. Dus sal ons steeds Sy hulp en leiding benodig vir alles wat ons doen. Aangesien ons in volle gemeenskap met Hom sal leef sal ons ongetwyfeld meer, eerder as minder, op die nuwe aarde bid. Aangesien ons nie die lewe op die nuwe aarde kan voorstel nie, is dit baie moontlik dat die aard van gebed dramaties verander sal van wat dit nou is.

Nou bid ons na ‘n God wat ons nie kan sien nie en soms nie ervaar nie. Ons sal dan bid tot die God met wie ons voortdurend kan kommunikeer en tyd saam spandeer.

Leer om te bid

Leer om nou te bid. Dit is jou leerskool om te groei en om die Here te ervaar. Weet ook dat wanneer die tydsvervulling gekom het, wanneer Jesus terugkeer, jou gebede soveel dieper sal groei soos jou ervaring van God dieper groei. Jy sal ‘n ewigheid hê om van Hom te leer!

 

 

 

 

 

Deel plasing