Die Bybel sê daar is net Een aan wie jy jou gebed moet rig, en dit is God.
‘n Belangrike rol
Maria, die moeder van Jesus het ‘n belangrike rol in God se verlossingsplan gespeel. Haar rol was om Jesus in die wêreld te bring. Die evangelie skrywer Lukas skryf wat die engel Gabriël vir Maria vertel het oor haar rol in hierdie plan:
“Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. 31Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. 32Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, 33en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie” (Lukas 1:30-33)
Van geboorte tot na die kruisiging
[pullquote] Maria, soos al die ander, het tot God gebid. [/pullquote]
Maria was ‘n goeie en liefdevolle moeder vir Jesus vanaf Sy geboorte tot nadat Hy gekruisig is en uit die dood opgestaan het.
In Handelinge 1:14 lees ons: “Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met ‘n aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus”.
Maria, soos al die ander, het tot God gebid en op Pinksterdag was sy by Jesus se dissipels: “2Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. 3Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. 4Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen” (Handelinge 2:2-4).
Jesus treë in vir ons
Maria was ‘n liefdevolle moeder en getroue dissipel van Jesus. Maria is nie God nie. Ons moenie vir haar bid nie en sy het ons ook nooit gevra om dit te doen nie. Jesus het aan die ander kant gevra dat ons tot Hom moet bid: “13Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. 14As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen” (Johannes 14:13-14).
Dit is Jesus wat vir ons intree en nie Maria nie: “25Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree (bid)” (Hebreërs 7:25).
Net tot God
In een van die 10 gebooie wat God gegee het, sê Hy: “4Jy mag nie vir jou ‘n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. 5Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My…” (Eksodus 20:4-5,). ‘
Jaloers / onverdeelde trou’ beteken hier dat God ons nie aan iemand anders wat terselfdertyd aan Hom behoort, sal gee nie.
Ons aanbid God en bid tot Hom en niemand anders nie.
Is dit dus sonde om iemand anders as God te aanbid?
Ja, dit is.