Bybelwoord.net
Do you have to keep asking for forgiveness?

Is dit nodig om altyd weer om vergifnis te vra?

As jy jou geloof in Jesus Christus geplaas het, dan is al jou sondes (verlede, hede en toekoms) vergewe. Daar is niks wat jy kan doen om daardie vergifnis te verdien nie. Jesus het die prys betaal vir u sonde en die sonde van die hele wêreld toe Hy aan die kruis gesterf het. Psalm 103: 12 sê: “So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.”
Met ander woorde, God kyk na ons, Sy kinders, asof ons nooit gesondig het nie. Maar hoe versoen ons hierdie kennis van Christus se vergifnis met die realiteit dat ons nog steeds sondig?

Verskoning om te sondig?

As al ons sondes vergewe is, moet en kan ons dit as ‘n verskoning gebruik om te sondig?
In Romeine 6:2 antwoord die apostel Paulus: “Beslis nie.” Wanneer ons Christene word, verander ons verhouding met sonde. Eens was ons slawe van ons sonde, maar nou is ons slawe aan God.
1 Johannes 3:6 verklaar dat “Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie.”Ware gelowiges maak nie ’n gewoonte daarvan om te sondig nie, maar hulle bely hulle sondes aan God.

Die Bybel sê in 1 Johannes 1: 9 “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” Wanneer ons ons sondes voor God bely, berou het in ons harte en erken dat ons verkeerd was, dan herstel God ons verhouding met Hom, ons Ewige Vader.

Volmaaktheid van Jesus

Baie Christene wonder hoe God hulle kan vergewe wanneer hulle Hom elke dag faal. Dit is belangrik om te verstaan dat God se vergifnis nie gebaseer is op ons goedheid nie, maar op die volmaaktheid van Jesus! Wanneer ons verkeerde keuses maak, moet ons ons sondes bely. Maar ons moet nooit twyfel dat God ons werklik vergewe het nie.

Is daar iets wat jy van God probeer wegsteek? Waarom bely jy dit nie vandag by Hom nie?

Jesse Mitchum

Jesse Mitchum

My naam is Jesse Mitchum en ek is van Gainesville, Georgia, VSA. OP die oomblik woon en werk ek in Thailand as 'n sendeling saam met my vrou en dogter. Ek het 'n graad in World Missions van Truett McConnell University en ek werk tans aan my meestersgraad in Godsdienstige Onderwys aan die Asia Biblical Theological Seminary. Wanneer ek nie besig is om blogs te skryf of God se Woord te onderrig nie, dan hike ek graag en speel tromme.