Hoekom eindig ons ons gebede met ‘Amen’?

Why do we end our prayers with amen?

Kom ons vind eers uit wat ‘Amen’ werklik beteken. Dit is ‘n Hebreeuse woord en is afkomstig van die Hebreeuse ‘AMN’. Dit beteken stabiliteit, of ‘so is dit’ / ‘ek stem saam’ / ‘laat dit so wees’.

Wanner ons dus ‘Amen’ aan die einde van ons gebede sê vra ons eintlik God om ‘dit te laat wees soos ons gebid het’.

Amen in die Ou Testament

Ons vind gevalle in beide die Ou- en Nuwe Testament waar die woord ‘Amen’ gebruik word. Baie van die Ou Testament verwysings verbind die woord ‘Amen’ met lof. Die sin “Toe het die hele volk gesê: “Amen! Prys die Here!”” wat gevind word in 1 Kronieke 16:36 (AFR 83) is ‘n voorbeeld van die verband tussen die woord ‘Amen’ en lof. Dubbele Amens (Amen en Amen) in lof vir of tot God word in Psalms 41:13, 72:19 en 89:52 gevind. Hier lyk dit asof een persoon God aanbid of prys, terwyl die ander reageer deur te sê: ‘Amen’.

Amen in die Nuwe Testament

Die Nuwe Testamentiese skrywers gebruik ook ‘Amen’, sommige aan die einde van hul briewe, terwyl ander dit verbind met God se lof en verheerliking, en verwys na die wederkoms en die einde van tye (Openbaring 22:20-21). Hier word opmerk dat die persoon wat die gebed of lof aan God skryf en die ‘Amen’ aanbied, dieselfde persoon is.

Daarom, of ons saam met ander of alleen bid, deur ‘Amen’ aan die einde van ons gebed te sê dui ons vir God aan dat ons die gebed wat gebid is regtig bedoel het. Dit wys dat ons glo dat God ons gebed gehoor het en dit op sy volmaakte manier sal beantwoord.

Deel plasing