Hoe word ons kinders van God?

Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wie in Sy Naam gegelo het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word, wat gebore is nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n mens nie, maar uit God “ ( Johannes 1: 13-14 )

In vorige verse het die apostel Johannes bevestig dat die hele wêreld onder die duisternis van sonde was, en daarom wou of kon niemand die lig, wat Jesus is, ken of ontvang nie (Johannes 1: 6-11). Maar hy het ook bevestig dat die duisternis nooit teen Jesus, wat die ware Lig is, sal oorwin nie (Johannes 1:1-5), dit wil sê die Ewige God, Skepper enVerlosser.

Die Bybel verskaf bewyse dat Johannes se bewering waar is. Daar is mense in hierdie donker wêreld wat ins Jesus glo en kinders van God is. Hoe gebeur dit?

Ons is kinders van God deur in Jesus te glo

Johannes deel hierdie groot waarheid : “Aan almal wat Hom aangeneem het, die wie in sy Naam geglo het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word” (Johannes 1:12). Die woorde “aangeneem” en “geglo” is verskillende maniere om dieselfde ding te sê. Hierdie mense het reddende geloof uitgeoefen deur te erken dat Jesus die Christus is, die Seun van God. Hulle plaas geloof in Sy naam, in Sy persoon, in wat Hy was.

Geloof is nie blote intellektuele kennis nie, maar ‘n opregte toewyding  ‘n oortuiging, wat met bekering gepaard gaan. Dit is wat dit beteken om tot Jesus bekeer te word. Om in Jesus te glo is die middel wat ons lei om “kinders van God” te word. God neem ons aan as Sy kinders deur Christus.

Jesus sê dat ons vroeër “kinders van julle vader, die duiwel” was (Johannes 8:44). Dit is sterk taal, is dit nie? Maar dit is die werklikheid. Dit was ons “status,” ons het in duisternis geloop en was geestelik dood. Ons het egter op ‘n sekere oomblik gegaan van kinders van die duiwel na kinders van God; van dood tot lewe en van duisternis tot lig.

Hoe was dit moontlik? Hoe is dit moontlik dat n mens wat in duisternis is, wat nie Jesus wil of kan ontvang nie, Jesus ontvang en dan in Hom glo?

Ons is kinders van God deur die wil van God

Die transformasie vanaf die duistenis van sonde tot die lig is alleen moontlik deur wedergeboorte en hierdie nuwe geboorte kom van die wil van God af. Johannes gaan aan deur te sê ons “…was gebore nie uit of deur bloed, of deur die vlees of deur die wil van ‘n mens nie, maar deur die wil van God” (Johannes 1:13)

Met ander woorde, om te kan glo in Jesus as die Christus en Seun van God, en om die vreugde te ken as kinders van God, is dit nodig om weer gebore te word. Hierdie geboorte is nie deur die mens se wil nie, dis nie n fisiese geboorte nie, ook nie deur menslike begeerte of daad nie. Hierdie geboorte gebeur deur die God, deur God se wil; dit is bonatuurlik, ‘n wonderwerk deur God alleen.

Hierdie is die rede waarom ons, deur om sondaars te wees, nou glo in Jesus an ons is kinders van God. God het ons laat wedergebore word, God het ons wil herstel, en so wil ons na die lig toe gaan, ons wil glo in Jesus.

Toe Adam en Eva gesondig het, was dit God wat na ons toe uitgereik het en hulle Sy genade en barmhartigheid gewys het deur aan hulle ‘n Verlosser te belowe (Genesis 3:15).

Deur dieselfde manier, deur Sy eie wil, reik God uit na sondige mense, en laat hulle wedergebore word en genereer geloof in hulle sodat hulle in Jesus wil glo en so Sy kinders word.  Deur Paulus se woorde: “God wat gesê het, Laat die lig skyn vanuit die duisternis, het geskyn in ons harte in om ons die lig te gee van kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus” (2 Korintiërs 4:6). En volgens die woorde van Petrus, God “het ons geroep vanuit die duisternis in Sy wonderlike lig in” (1 Petrus 2:9).

Ons is kinders van God, ons het van die duisternis na die lig oorgegaan, want dit was God se wil. Daarom word ons as kinders van God geroep om in gehoorsaamheid aan Hom te lewe. Ons status as kinders van God word bewys in lewens wat poog om God te behaag en vir Hom te lewe, in Christus.

 

Deel plasing