Bybelwoord.net
How can you know God?

Hoe kan ek God werklik ken?

Dan hoef niemand meer sy medeburger te leer en vir sy broer te sê: ‘Jy moet die Here ken’ nie.” Hebreërs 8:11

’n Perfekte wêreld

Stel jou voor dat die hele aarde gevul is met die kennis van God. Elke persoon ken hom intiem en wens niks anders as om hom te behaag nie. Daar sal geen siekte, dwelms, moorde, bedrog of skuld wees nie. ‘n Wêreld soos dit sal gevul wees met vreugde, sonskyn en lewe! Dit lyk of ons huidige wêreld ver verwyder is van hierdie Utopia.

Hierdie profesie wat van die profeet Jeremia aangehaal word, is egter al gedeeltelik vervul. In Jeremia 33:10 sê God: “Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.” Toe die Heilige Gees op die volgelinge van Jesus uitgestort word in Handelinge 2 is dit presies wat gebeur het. En ook vandag, wanneer jy op Jesus vertrou as jou Verlosser, sal jy die Heilige Gees ontvang as ‘n teken om aan God te behoort. Die Heilige Gees sal jou hart verander en dit instel op God se wil. Deur sy teenwoordigheid in jou hart sal jy God regtig kan ken. Saam met ander gelowiges vorm jy ‘n gemeenskap van mense wat daarna streef om hom te behaag en daarvolgens te lewe.

Leer mekaar oor God

Die profesie van Hebreërs 8 vers 11 is al gedeeltelik vervul, maar wag nog op volledige vervulling. Op een dag sal Jesus terugkeer en ‘n nuwe aarde en die hemel sal werklikheid word. Tot op daardie dag het volgelinge van Jesus die voorreg en plig om ander en mekaar oor God te leer. God diskrimineer nie tussen groot en onbeduidende mense nie. Hy begeer dat elkeen hom moet ken en die ewige lewe moet hê.

Ken jy God en verlang jy vir ander om hom ook te ken? Leer hulle oor Jesus! Ken jy God nog nie, maar wil jy hom graag ken? Bid dat hy jou Verlosser en Here sal wees; Hy sal sy Gees in jou hart stuur!

Lees Hebreërs 8:10-12

 

Bybelwoord