Geskep na God se beeld

“God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.” (Genesis 1:27)

Die mees basiese ding wat ons oor onsself kan sê, is dat ons deel is van God se skepping. Ons is Sy idee. Ons was in Sy gedagtes en deur Hom gemaak. Neem ‘n oomblik om te dink hoe indrukwekkend en wonderbaarlik dit is! Ons is geen toeval nie, nie die resultaat van random prosesse nie, maar geskep met ‘n doel. Ons is ook nie verbeterde soogdiere nie, ‘n bietjie meer gevorderd; ons verskil in wese baie van die ander diere.

God het gepraat en daar was dit: dit is waar vir die skepping van alles wat lewe, behalwe vir die mens. Die Skepper het ‘n bietjie stof geneem en ‘n mens gevorm, en die asem van die lewe in sy neusgate geblaas (Gen. 2:7). En die vrou het Hy gevorm uit een van die ribbes van die man (Gen. 2:21-22). God het die skepping van die plante en die hemelliggame ‘goed’ genoem, maar die mens het Hy ‘baie goed’ genoem. Hierdie spesiale plek in die skepping het ‘n spesiale opdrag gevra: om die aarde te vul, om te heers oor die aarde en al die diere. Om ‘n groot taak aan iemand toe te dra, beteken om in daardie persoon te vertrou. God het die vermoëns van die mens vertrou!

Die opvallendste in dit alles is dat God ons so geskape het dat ons in staat is om gemeenskap met Hom te hê (Gen. 3:8). Met ongehoorsaamheid het die mensdom egter die gemeenskap met God verloor…

Hoe beïnvloed die gedagte dat jy in God se gedagtes was toe Hy die aarde gemaak het jou?

Deel plasing