Die Bybel praat baie oor liefde. In die eerste plek vertel dit ons van God se liefde vir mense. Maar dit het ook baie te sê oor liefde vir ons medemense. Hieronder het ons 10 Bybelse aanhalings oor hierdie onderwerp versamel.
Matteus 22:37-39
“Jesus antwoord hom: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’”
Lukas 6:31
“Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.”
Lukas 6:35
“Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ‘n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.”
Johannes 13:34
“Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.”
Romeine 13:10
“Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.”
Efesiërs 4:2
“Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.”
Efesiërs 5:25
“Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.”
1 Petrus 4:8
“Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes.”
1 Johannes 3:17-18
“Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees? Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.”
1 Johannes 4:7
“Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God.”